Sign up for Property Alerts
Be the first to know about new
properties on the market!
Meer oor ons
Ons agente het op die platteland grootgeword en het ‘n passie vir die landbou, boere en voedselvoorsiening. Ons ken die industrie reeds vir ‘n hele aantal jare en ons dienslewering is persoonlik gerig om elke koper en verkoper se unieke behoeftes aan te spreek. Ons missie is dus om ons voornemende kliënte met genoeg inligting te bemagtig sodat hulle 'n ingeligte besluit kan neem wanneer hulle in landbou-eiendom belê. Ons werk ook skouer-aan-skouer met prokureurs om die oordrag en registrasie van eiendomme so vining en glad moontlik te laat verloop. Ons bied ook kliente toegang tot bykomende dienste soos onder andere besigheidsplanne, BTW registrasie, maatskappy-registrasie, privaat finansiering en vele meer.