The Farm Agent


The Farm Agent

Die vertroude naam in plaasbemarking


Wanneer dit kom by die verkoop van landbou-eiendomme, verdien u ’n bemarkingsvennoot wat die mark verstaan, die regte kopers ken en u met professionele leiding deur die hele proses begelei.Met meer as 13 jaar se spesialis-ervaring in die landbou-eiendomsbedryf, het THE FARM AGENT hom gevestig as een van die mees gerespekteerde plaasbemarkers in die Oos-Vrystaat. Deur die jare was ons betrokke by honderde suksesvolle plaastransaksies en het ons ’n reputasie opgebou waarop boere kan vertrou. Ons fokus hoofsaaklik op die bemarking van plase in die Oos-Vrystaat en verstaan die unieke uitdagings en geleenthede van hierdie mark. Ons deeglike kennis van landbou-eiendomme en plaaswaardasies stel ons in staat om elke eiendom strategies te posisioneer en teen die beste moontlike markwaarde te bemark.